Polisie ontplooi teen oproeriges in Gauteng, Kaapstad

Deel op

Twee oproermakers is by Cosmo City by Randburg in Gauteng in hegtenis geneem ná ‘n gewelddadige betoging in die gebied, het RSG berig.

Die betoging het gevolg ná die balju in die gebied aangekom het om gesinne uit huise se sit wat onwettig opgerig is.

Die ontevredenes het die polisie met klippe bestook en verskeie voertuie, onder meer ‘n voertuig van die Johannesburgse Nooddienste, is beskadig.

In ‘n stadium moes die polisie traanrook gebruik om die oproeriges uiteen te dryf en dele van Malibongwe-rylaan was vir etlike ure gesluit.

Die polisiewoordvoerder, Kay Makhubela sê die twee verdagtes sal binnekort in die hof verskyn op aanklagte van openbare geweld en opsetlike saakbeskadiging.

Intussen het die Wes-Kaapse polisie gesê hulle ondersoek gevalle van openbare geweld en kwaadwillige saakbeskadiging na betogings in Khayelitsha op die Kaapse Vlakte.

Dit volg nadat wetstoepassingsagentskappe mense verwyder het wat grond onwettig beset het wat aan Kaapstad en die wapenmaatskappy Denel behoort.

Die polisie sê een persoon is in hegtenis geneem nadat hy ‘n vragmotor vol vleis geplunder het, terwyl voertuie insluitende polisiemotors onder die klippe gesteek is.

Die polisie handhaaf intussen steeds ‘n sterk teenwoordigheid in die gebied.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.