Universiteit van Kaapstad stem in om Rhodes-beeld te verwyder

Deel op

Die Universiteit van Kaapstad sê die verwydering van die standbeeld van Cecil John Rhodes is ‘n “belangrike mylpaal in die transformasie van die land se tersiëre instellings”.

Die Universiteitsraad het gister eenparig besluit dat die standbeeld om vyfuur vanmiddag verskuif moet word. Die standbeeld sal na ‘n plek van veilige bewaring geneem word.

Die Wes-Kaapse Erfenisraad sal die finale besluit oor die standbeeld se lot neem.

Gisteraand se raadsvergadering is meer as ‘n uur lank ontwrig nadat van die studente die saal binnegestorm het waar die vergadering gehou is en geëis het dat hulle dit as waarnemers bywoon.

Die Raad het geweier om dit toe te laat en was op die punt om te verdaag sonder ‘n finale besluit oor die standbeeld, maar die studente het hulle verhinder om die vertrek te verlaat.

Die dooiepunt is eers opgelos nadat die studente padgegee en die Raad toe sy werk kon afhandel.

Koning George V is verlede maand die menslike ontlasting gespaar wat die Rhodes-beeld getref het, maar ‘n standbeeld van hom in Durban is met wit verf getakel en daarna bepleister met plakkate.

Swart studente eis ‘n einde aan wit voorreg aan die Universiteit van KwaZulu-Natal.

‘n Verteenwoordiger van die SA Studente Kongres sê die skending sal voortgaan totdat die standbeeld verwyder word.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.