Steve Hofmeyr sing Die Stem by Kruger-standbeeld (video)

Die groep betogers wat gister saam met Steve Hofmeyr beswaar gemaak het teen die vandalisering van Oom Paul se standbeeld op Kerkplein, het spontaan ingeval en Die Stem begin sing. Sommige was in uniform en het gesalueer terwyl die Afrikaanse volkslied gesing is.

Die land verkeer in rep en roer oor standbeelde terwyl die onbekookte multikulturele kommunisme wat sedert 1994 in Suid-Afrika geld, feitlik deur alle bevolkingsgroepe verwerp word. Selfs die aarts-“nasiebouer” en pro-Britse, pro-kommunistiese meningsvormer, Max du Preez, het in ‘n onlangse rubriek toegegee dat die ingevoerde, sogenaamde “reënboognasie”-begrip finaal misluk het.

Terwyl die Naspersgroep en verskeie kunstefeeste angsvallig poog om Steve Hofmeyr te marginaliseer deur hom by hul byeenkomste te verbied of te “ontnooi”, boemerang dit deur sowel Die Stem as Hofmeyr se gewildheid te laat styg.

PRAAG het gister ‘n omvattende plan aangekondig om Afrikaner-erfenis deur internasionale bemiddeling onder eie beheer te bring.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.