‘Ons is nie hier om te bedel nie’

Deel op

Die Zimbabwiese President Robert Mugabe se woordvoerder George Charamba het ontken dat ‘n hoë-vlak afvaardiging op ‘n staatsbesoek in Suid-Afrika is om vir geld te vra van president Jacob Zuma.

Ná die amptelike verwelkoming by die Uniegebou Woensdagoggend, het Charamba gesê die Zimbabwiese leier en lede van sy kabinet is hier vir “vennootskappe”.

Daar is gerugte dat Zimbabwe sukkel om die komende buitengewone SAOG-beraad later hierdie maand aan te bied en het daarom kom hulp bedel van Suid-Afrika.

“Ons is ‘n bietjie ongelukkig dat ons hier met ‘n bakhand uitgebeeld word, as ons nie geld kom vra het nie,” sê Charamba.

“Die Suid-Afrikaanse regering weet dat ons ‘n lewensvatbare staat is wat in werklikheid ‘n sterk handelsvennoot is.

“So regtig, ons praat oor ‘n lewensvatbare staat wat na ‘n vennootskap met Suid-Afrika soek, nie finansiële bystand nie,” het hy gesê.

Zimbabwe het ‘n ekonomie wat met dié van Germiston kan vergelyk en het sy geldeenheid prysgegee weens hiperinflasie. Miljoene van sy burgers het reeds suid oor die grens verkas om van armoede en hongersnood te ontkom.

Suid-Afrika voer reeds tonne mielies uit na sy buurland om ‘n algehele ineenstorting te verhoed.

Volgens Charamba, lewer Zimbabwe ‘n betekenisvolle bydrae tot die Suid-Afrikaanse ekonomie, en sal kyk om dit te verhoog in ruil vir ‘n Suid-Afrikaanse belegging in Zimbabwe.

“Onthou daar was ‘n tyd toe ons die sterkste handelsvennoot van Suid-Afrika was. Die basis is nog steeds, hoofsaaklik in die mynbou.

“Die drywers van daardie spesiale verhouding is nog in plek. Kan jy dink wat Suid-Afrika se mynbedryf sou wees sonder die insette van Zimbabwe?” het hy gevra.

Charamba het gesê een van die belangrikste kwessies wat hulle bespreek het is die beweging van geskoolde arbeid uit Zimbabwe na Suid-Afrika, en die verskaffing van ‘n goeie konsulêre diens aan hulle.

“Ons het nogal ‘n aansienlike bevolking van Zimbabwiërs wat hier (Suid-Afrika), nie as vlugtelinge nie, maar as geskoolde werkers noodsaaklike vaardighede aan die Suid-Afrikaanse ekonomie bied.

Suid-Afrika en Zimbabwe verwag om verskeie ekonomiese ooreenkomste Woensdagmiddag te teken.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.