Steve Hofmeyr op Kerkplein om oom Paul te beskerm

Deel op

Steve Hofmeyr sal vandag by Paul Kruger se standbeeld op Kerkplein in Pretoria ter beskerming van die anti-koloniale vegter se bronsbeeld opdaag saam met ander bekende sangers.

Hofmeyr sê hy wil verdere vandalisme by erfenisgebiede verhoed. Die sanger het op Twitter bevestig dat hy die protes sal bywoon.

Protesoptrede word na wat berig word ook beplan by die Jan van Riebeeck-standbeeld in Kaapstad en die Paul Kruger-standbeeld in Rustenburg.

Die Mangaung Metro in Bloemfontein het intussen ‘n week-lange gesprek oor die kwessie van koloniale- en apartheidsimbole en standbeelde aangekondig.

Die metro-woordvoerder, Qondile Khedama sê hulle is ook van plan om gemeenskappe in te lig oor die simboliese betekenis van simbole en standbeelde.

Daar sal byvoorbeeld inligtingsessies oor Bram Fischer gehou word om die huidige generasie te vertel van die “opheffingswerk” wat hy gedoen het.

Fischer was ‘n kommunis wat ‘n gewapende opstand en stedelike terreur aangemoedig het en wat homself soos ‘n vrou vermom het om die veiligheidspolisie te ontsnap. Hy het die sogenaamde “stryd” namens neo-kolonialistiese rewolusionêres gevoer.

Die standbeeld van die soldaat wat sy perd water gee in sy helm, is intussen na ‘n veilige plek vir bewaring geskuif.

Die beeld is vroeër deur EFF-lede van ‘n oorlogsmonument in Port Elizabeth afgebreek.

Die kommunikasiehoof van die Nelson Mandela-baai metro, Roland Williams sê hulle het met die polisie gereël om hul patrollies te verskerp in gebiede waar gedenktekens voorkom.

Williams sê dis die munisipaliteit se verantwoordelikheid om erfenisbates te beskerm.

Die Universiteit van Kaapstad sal na verwagting sy besluit bekend maak om die standbeeld van Cecil John Rhodes op sy kampus te verwyder, nadat die senaat verlede week ‘n voorstel goedgekeur dat die standbeeld moet weg.

Swart studente het verlede maand menslike ontlasting op die beeld uitgegooi en ‘n aantal betogings en sitstakings gehou om die aandag op ‘n gebrek aan transformasie by die universiteit te vestig.

Die universiteit se personeel is bykans deur die bank wit, terwyl die instelling groot gewag maak van rasvermenging in Suid-Afrika.

Indien die standbeeld verwyder word, sal dit aan die regering se erfenisowerhede oorhandig word.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.