Vrese oor grootskaalse grondbesetting in Kaapstad

Deel op

Die wapenmaatskappy Denel het ‘n dringende interdik bekom teen verdere onwettige besettings van sy grond in Khayelitsha op die Kaapse Vlakte.

Plakkers sê egter hulle sal bly omdat hulle nêrens anders het om te gaan nie.

Die EFF het die grondbesettings vanaf Maandag 6 April aangemoedig, want dit word histories erken as die dag waarop Jan van Riebeeck in SA aangekom het. Die EFF sê die aankoms van Van Riebeeck in 1652 het “die begin van die Europese vernietiging in die vasteland” ingelei en 6 April is “‘n belangrike herinnering aan gronddiefstal en onteiening deur die Europeërs”.

Te midde van vrese dat grootskaalse grondbesettings Kaapstad hierdie week kan tref, het die Ekonomiese Vryheidsvegters (EFF) Maandag ‘n groep van sowat 100 plakker na ‘n stuk grond gelei om te beset in Khayelitsha aan die buitewyke van Kaapstad.

Vroeër Dinsdag het sommiges begin bosse aan die brand steek om meer ruimte te skep om hul plakkershutte te bou op die eiendom in privaatbesit.

Die EFF het Maandag ‘n beroep op alle hawelose mense gedoen om oop en onbesette grond te identifiseer en “betrokke te raak in die stryd om hul grondregte te herstel”.

Volgens die Stad Kaapstad, was daar twee plekke wat in Khayelitsha geraak word.

Die ander erf behoort aan die stad en is sedertdien skoongemaak.

Richard Bosman, Kaapstad se uitvoerende direkteur vir veiligheid en sekuriteit, het gister gesê dat die stad sal Denel help om die strukture te verwyder.

Die staatsbeheerde maatskappy het gesê hulle beroep hulself op ‘n uitsettingsbevel teen die onwettige besetters.

Denel het vroeër strafregtelike aanklagte teen die vermeende onwettige grondbesetters ingedien.

‘n Woordvoerder van Denel, Vuyelwa Qinga, sê wetstoepassers is in die gebied ontplooi en het toestemming om verdere besettings te verhoed.

“Ons het nêrens om te gaan … ons is gelukkig want die EFF en Malema ondersteun ons,” sê Elizabeth Damba, een van die plakkers. Sy het gesê sy kan nie bekostig om huur te betaal nie want sy is werkloos.

Die EFF se Wes-Kaapse leier Nazier Paulsen, wat ook ‘n lid van die provinsiale wetgewer is, het gesê die party sal enige hofuitspraak om die besetting te stop, teenstaan.

Die besetting van private grond, deur EFF-lede en ondersteuners, is ‘n kriminele oortreding, het opposisielede gesê.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.