VSA lewer rekordmielie-oes

Deel op

Die volhoubare produksie van witmielieverbouing in Suid-Afrika noodsaak bogemiddelde opbrengste en ‘n witmielieprys wat die totale produksiekoste dek. Hiermee saam is dit noodsaaklik dat uitvoerpryse nie onder die gelykbreekproduksiekoste per ton daal nie.

Wêreldvoedselpryse sal egter vanjaar tot die laagste vlak sedert 2010 daal omdat die VSA se mielievoorraad aan die begin van Maart die grootste­ in 28 jaar was.

Die VSA is die wêreld se grootste produsent van dié landbouproduk.

Die VSA se departement van landbou het verlede week bekend gemaak dat die land se mielieboere in die nuwe seisoen 36 miljoen hektaar sal aanplant.

Die wêreld se graanskure is vol wat ‘n daling in internasionale­ graanpryse voorspel.

Oorvoorsiening sal Suid-Afrikaanse graanpryse negatief raak weens die daling in VSA-pryse. Tans ondersteun die laer oesskatting en ’n swakker rand plaaslike pryse.

Amerikaanse mielieboere het die afgelope twee seisoene rekordoeste behaal, wat pryse met meer as 20% teenoor afwaarts gedruk het.

Internasionale sojaproduksie het ook ’n hoogtepunt bereik en die Amerikaanse­ regering verwag dat sy binnelandse produsente hierdie lente ook meer as voorheen sal plant.

Amerika se mielievoorraad is tans 11% hoër as dieselfde tyd verlede jaar en ook op die hoogste vlak sedert 1987.

China se voorraad is ook vandeesmaand­ deur die Verenigde Nasies met 13 miljoen ton opwaarts aangepas na 95 miljoen ton.

Suid-Afrika se plaaslike pryse het in weerwil van ’n sterker rand en laer Amerikaanse pryse hoër as die internasionale indeks gesluit, maar die plaaslike prys sal waarskynlik aanstons die VSA se pryse navolg.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.