Godslastering is toelaatbaar by KKNK, maar nie Steve Hofmeyr & Die Stem

Deel op

Hiermee wil ek graag my misnoeë te kenne gee met SA Kunstefeeste soos KKNK, Innibos en die Vryfees wat my kollega, Steve Hofmeyr, boikot oor die sing van
die Stem en hom sy reg op vryheid van spraak ontneem.

KKNK beweer dat hulle Steve nie daar sou toelaat nie al het hy nie aansoek gedoen om daar op te tree nie. Net die feit dat hulle dit vermeld, is vir my ‘n teken dat hulle verdeeldheid wil veroorsaak onder die Afrikaner. Sou hy aansoek gedoen
het, en dan afgekeur gewees het, kon hulle dit noem.

Steve word geboikot oor hy dit gewaag het om Die Stem te sing, iets wat vir baie Afrikaners en Suid-Afrikaners ‘n groot deel is van ons geskiedenis en herkoms, net soos Nelson Mandela en die huidige volkslied ‘n groot deel is
van sekere Suid-Afrikaners se geskiedenis en herkoms, maar ander ongerymdhede word wel by KKNK toegelaat soos bv:

  • 1997 toe die publiek ontevrede was met die optrede van Miriam Makeba en haar met bierblikkies gegooi het, is hulle met traangas gebombardeer, dus die publiek word gestraf weens hulle eerlikheid oor dit waarvan hulle nie hou nie;
  • 1998 het Breyten Breytenbach ‘n toneelstuk opgevoer met eksplisiete seks, so erg dat die mense die teater verlaat het, dus openlike seks is welkom, maar nie Die Stem nie?
  • 2006 het die publiek geëis dat die omstrede groep F-Off Polisiekar van die program verwyder moet word nadat hulle op n “fan” se beursie geskryf het “F@# God”, maar hulle is steeds toegelaat om verder op te tree, so jy mag
    God vloek, maar nie Die Stem sing nie?
  • 2008 was die publiek weer ontsteld toe hulle op Goeie Vrydag ‘n kaal man met ‘n sweep geslaan het, as herdenking van Jesus se kruisiging, dus naaktheid
    word toegelaat, maar nie Die Stem nie?

Casper de Vries maak gereeld godslasterlike uitsprake, maar is steeds welkom by kunstefeeste, maar Steve Hofmeyr is onwelkom net oor hy Die Stem sing?

Dit kom vir my alles daarop neer dat jy die vryheid het om alles te mag doen, behalwe om ‘n Afrikaner te wees, alhoewel die Afrikaner die feeste ondersteun en sorg dat die geldkassie vol bly…

Oudtshoorn was die tuiste van die geliefde digter, CJ Langenhoven, dieselfde CJ wat Die Stem geskryf het, maar sy bekendste en mooiste gedig, is nie welkom in sy tuisdorp nie. Hartseer!

Daar is reeds in September 2014 kontrakte vasgemaak met KKNK en Innibos vir optredes en is ek verplig om my kontrakte na te kom maar daarom het ek besluit om die gelde wat die feeste my betaal, te skenk aan die bou van die
Kleinvallei-ouetehuis waarby ek betrokke is om vir 20 bejaardes ‘n veilige hawe te gee.

As een stem stilgemaak word, sal ‘n ander stem opstaan en sing: “Ons sal lewe, ons sal sterwe, Ons vir jou Suid Afrika.”

– Manie Jackson

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.