Krugerbeeld op Kerkplein beskadig

Deel op

Die afgelope naweek het lede van die EFF groen verf uitgestort oor die standbeeld van Paul Kruger op Kerkplein in Pretoria.

Die party sê dit is deel van sy veldtog om alle koloniale standbeelde en simbole te verwyder.

Die tweede standbeeld is Maandag in die Nelson Mandelabaai-gebied beskadig. Vermeende EFF-lede het ‘n standbeeld van ‘n perd en soldaat in Port Elizabeth gevandaliseer.

Die standbeeld is ter ere van die rol van diere in die Anglo-Boereoorlog.

Verlede Donderdag het EFF-lede ‘n oorloggedenksteen in Uitenhage aan die brand gesteek.

Die granietborsbeeld en marmergrafsteen van pres. Paul Kruger in die Heldeakker in Pretoria is in 1995 ook deur vandale beskadig.

Die standbeeld van Paul Kruger in Rustenburg is onlangs met ’n swart sak bedek en op sy voetstuk word hy met graffiti gewaarsku: “Gaan, hardloop!”

Amptenare het Maandag gesê dit is nog onduidelik wie die historiese standbeeld van Paul Kruger geskend het op Kerkplein in die Pretoriase middestad.

“Niemand het die verantwoordelikheid daarvoor aanvaar nie,” het Blessing Manale die burgemeesterskomitee se woordvoerder gesê.

Kruger se standbeeld is met groen verf Sondag beskadig.

Manale het gesê die burgemeester verwag om ‘n petisie van die African National Congress Youth League Dinsdag te ontvang.

Hulle het gevra dat die Kruger-standbeeld verwyder word.

Sekuriteit is sedertdien opgeknap by verskeie punte in die hoofstad waar historiese beelde staan.

“Die stad het besluit om sekuriteit by die Voortrekkermonument, Freedom Park, die stadsaal en by die Uniegebou op te knap,” het Manale gesê.

Die skending van Kruger kom te midde van oproepe om historiese standbeelde uit sentrale gebiede te verwyder.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.