Waar trek ons die streep oor monumente?

Deel op

Indien dít wat in PRAAG se 1 April-berig beskryf word sou gebeur, is my vraag: Waar trek ons die streep? In alle erns gesproke, is die verwydering van monumente seker nie die ergste wat met ons kan gebeur in ons benarde situasie nie.

Wat doen ons as dit vererger en meer tasbare aksies, wat blankes en anderskleuriges wat dieselfde beginsels en waardes deel, teen ons geneem word wat huis en haard in gevaar stel?  Gebruik ons metodes van lydelike verset, ander aksies of laat ons die afknouing begaan soos wat ons uit ordentlikheid die afgelope 25 jaar sedert 2 Feb 1990 gedoen het?

Ek hoor ‘n magtige dreuning van stilswye uit die buiteland; lande en mense wat ons met alles denkbaar bestook en bedreig het in die jare voor 1990 is waarskynlik stomgeslaan van verbasing! Kan ons die debat begin oor waar ons die streep trek? RA en SEB asook nuwe wetgewing oor grond (insluitende vele meer eienaarskap), bedreig ons lankal.

Feitlik ‘n miljoen blankes is werkloos of in swak betaalde diens. ‘n Verdere 2 miljoen het die land verlaat en breinkrag, kundigheid en ondervinding saam weggeneem.  Dié van ons wat die armes kon help, raak al minder en die hulpbehoewendes raak al meer. Dit gaan uiteindelik nie meer help om die howe te nader nie – wat bly oor?  Die naakte werklikheid is dat ons alleen is en net mekaar het om op te steun – vir raad en daad.

Diana Yagudina

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.