PRAAG dagvaar rassistiese SA Menseregtekommissie oor Afrikaans

Deel op

PRAAG gaan aanstaande week dagvaarding teen die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie uitreik omdat dié organisasie weier om enige epos in Afrikaans te beantwoord. “Die SAMRK is een van die mees rassistiese instellings in die land, wat saam met Cecil John Rhodes in die meerderwaardigheid van Engels en die Britse ras glo,” sê dr. Dan Roodt, direkteur van PRAAG.

Die taalorganisasie, wat vanjaar vyftien jaar oud is, sal nie huiwer om die kwessie tot in die hoogste hof, die Grondwethof, te neem en selfs na die buiteland nie. “Ons was vroeër in verbinding met die Statebond se Menseregtekomitee oor plaasmoorde en gaan die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie ook by die Statebond verkla,” sê Dan Roodt. “Indien ons die saak in die Grondwethof verloor, sal ons na die Britse Hoërhuis appelleer, wat weer ondergeskik is aan die Europese Raad. Afrikaans is ‘n taal van Europese oorsprong wat na aan Nederlands, Duits en die Skandinawiese tale verwant is, dus is ons seker dat die Europese Hof ons uiteindelik gelyk sal gee, selfs al woon ons in ‘n Britse kolonie.”

Taalgelykheid is ‘n beginsel wat in die meeste nywerheidslande, asook in die EU en internasionale organisasies, erken word. Dit is net in Suid-Afrika waar Engels as “die taal van die meesterras” geag word.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.