Moslem wen Nigeriese verkiesing

Deel op

Nigerië se Goodluck Jonathan is deur ‘n Moslem verslaan in Nigerië se mees onlangse verkiesing.

Muhammadu Buhari is as die wenner van die land se presidensiële verkiesing aangewys. Buhari, ’n 72-jarige voormalige militêre leier, is die leier van die Progressiewe Kongres.

Jonathan het Buhari Dinsdagmiddag haastig gebel en gelukgewens met sy oorwinning, in wat ontleders as ‘n noodsaaklike stap geloof het om geweld in Afrika se mees digbevolkte land te bekamp.

Buhari het 15,3 miljoen stemme op hom verenig teenoor Jonathan se 13,3 miljoen en sal nou moet ingryp om ’n ses jaar lange oorlog teen die Islamistiese terreurgroep Boko Haram te beëindig.

Boko Haram het al meer as 13 000 mense vermoor.

Buhari, ‘n vorige staatshoof, het ‘n demokraties verkose regering op 31 Desember 1983 tydens ‘n staatsgreep omvergewerp, maar is net 20 maande later deur die weermag uit die kussings gelig.

Hy het toe ’n reputasie verwerf as iemand wat sterk teen korrupsie en misdaad optree.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.