Sanparke skuif witrenosters uit

Deel op

SanParke gaan 286 van sy witrenosters aan private individue verkoop in ‘n poging om die diere teen stropers te beskerm.

SanParke sê kenners is besig om eiendomme te besoek om seker te maak dat elke habitat geskik is om witrenosters aan te hou.

Dit is deel van ‘n verskuiwingsplan wat in Oktober verlede jaar begin is, om renosters uit brandpunte in die Nasionale Krugerwildtuin te verskuif.

‘n Woordvoerder van SanParke, Howard Hendricks sê hulle sal met die nuwe eienaars van die witrenosters in verbinding bly.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.