Klag teen KSA by Internasionale Krieketraad oor ras

Deel op

‘n Amptelike klag gaan glo binnekort by die Internasionale Krieketraad téén Krieket Suid-Afrika ingedien word, het RSG berig.

Dit volg nadat voorskrifte oor die rassesamestelling na bewering deur die Protea-bestuur neergelê is in die wêreldbekerhalfeindstryd teen Nieu-Seeland.

Die KSA hoof, Haroon Lorgat het na bewering ‘n teksboodskap aan die afrigter, Russell Domingo gestuur en gesê hy moet vier spelers van kleur in die span insluit.

Suid-Afrika het daarna die wedstryd verloor.

Volgens die reëls van die Internasionale Krieketraad word enige vorm van rasse-diskriminasie en politieke inmenging uitdruklik verbied.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.