Tesourie gaan fondse van wanbetalende munisipaliteite terughou

Deel op

Die Nasionale Tesourie sê hy gaan die oorbetaling van fondse aan munisipaliteite terughou weens hulle versuim om Eskom en ander diensverskaffers te betaal.

Die Tesourie, wat verantwoordelik is vir die bestuur van Suid-Afrika se nasionale regeringsfinansies, het gesê dat die aanhoudende versuim deur sommige krediteure om binne 30 dae te betaal neerkom op finansiële wanbestuur.

Munisipaliteite skuld volgens ‘n verklaring deur die Tesourie vir Eskom en water-verskaffers miljarde rande.

Die weerhouding van fondse aan soveel as 60 munisipaliteite wat Eskom en addisionele krediteure R9 miljard skuld is reeds vanaf 20 Maart 2015 van krag.

Die besluit is geneem weens die versuim om hul finansiële verpligtinge na te kom “en Eskom en ander dienslewering krediteure te betaal in ooreenstemming met artikel 65 (2) van die Wet op Munisipale Finansiële Bestuur, 2003 (MFMA, Wet No. 56 van 2003)”.

Artikel 216 (2) van die Grondwet bepaal dat die Nasionale Tesourie die oordrag van fondse aan ‘n staatsorgaan wat aanhoudend hul finansiële verpligtinge minag, mag staak.

“Munisipaliteite, was op 31 Desember 2014, aan Eskom R9 miljard verskuldig,” het die Tesourie gesê. Munisipaliteite skuld Waterrade verder R3.6 miljard, volgens die Tesourie.

In Februarie, het die Minister van Openbare Ondernemings, Lynne Brown, gesê dat die regering planne beraam om agterstallige skuld in te vorder.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.