Mbeki glo deur Kasrils en Britse spioene gesteun

Deel op

Die Thabo Mbeki-bewind het doodluiters die Nasionale Vervolgingsgesag as ‘n politieke instrument teen Jacob Zuma gebruik, het Willie Hofmeyr in reaksie gesê op die DA se hersieningsaansoek om korrupsieklagtes teen die huidige president te bring.

In sy verklaring het Hofmeyr, die hoof van die batebeslagleggingseenheid en ‘n adjunk-nasionale direkteur van openbare vervolging, gesê die waarnemende NVG-hoof Mokotedi Mpshe was geskok oor die omvang van samespanning om die saak.

Hofmeyer het ook die bemoeienis van Britse spioene openbaar.

“Mpshe was geskok oor die onverskillige toon en lighartige wyse waarop (Leonard) McCarthy en (Bulelani) Ngcuka die NVG beskou het as bloot ‘n politieke instrument van die Mbeki-bewind.”

Hofmeyr het bygevoeg dat McCarthy, op kritieke punte in die ondersoek teen Zuma, dit ook met die voormalige minister intelligensie Ronnie Kasrils bespreek het en rigtingwysers van hom aanvaar het.

“Sover ek weet, was Kasrils ‘n vertroueling met wie McCarthy strategie oor die Zuma-vervolging bespreek het. Ek glo dat hy ook gedien as ‘n tussenganger tussen McCarthy en Mbeki.”

Hofmeyr sê McCarthy het ook gekommunikeer met Andre Pienaar, ‘n Londense werknemer van Kroll en Associates, ‘n private intelligensie maatskappy.

“Beide Kasrils en Pienaar was naby aan Mbeki.”

Die beëdigde verklaring is die eerste deel van die NVG se langverwagte antwoord op die DA se argument dat die weglating van die aanklagte teen Zuma ses jaar gelede, kort voor die 2009-verkiesing, sy pad na die presidensie vergemaklik het.

Die tydsberekening van beskuldigings teen Zuma, en of dit moet gebeur voor of na die African National Congress se Polokwane-konferensie in Desember 2007, is in die geding ter sprake.

“Korrek of verkeerd, hulle het geglo dat Mbeki se kanse om Zuma te verslaan versterk sou word indien die vervolging uitgestel word.

“Uiteindelik, het McCarthy verseker dat die vervolging uitgestel word. Hy het dit gedoen vir slegs een rede, om Mbeki se kanse om Zuma suksesvol te verslaan te versterk,” het Hofmeyr gesê.

Nadat Mbeki die presidentskap van die ANC aan Zuma afgestaan het, het McCarthy “met haas” Zuma se vervolging gefinaliseer.

McCarthy het aan Ngcuka gesê hy gaan Zuma teen 21 Desember 2007 aangekla hê en het aanklaer Billy Downer versoek om die vervolgingspan se verlof te beëindig.

Hofmeyr het bygevoeg dat McCarthy die Browse Mole-verslag bekook het om Zuma te probeer ondermyn, en dat politieke inmenging deur die Mbeki-regime in die NVG se sake skokkende afmetings begin aanneem het volgens senior bestuurders by die owerheid.

Hy het voortgegaan om te sê dit was ‘n “powere verskoning” om Vusi Pikoli, Ngcuka se opvolger as NVG-hoof, te skors weens ‘n verbrokkeling in betrekkinge tussen hom en die voormalige minister van justisie, Bridget Mabandla.

“Pikoli is geskors omdat hy geweier het om te buig voor die druk van Mbeki.”

Kasrils het aan Sapa gesê Hofmeyr se aantygings is sonder substansie.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.