Omstrede UV-studentedekaan nog nie vervang

Die Universiteit van die Vrystaat het nog nie ‘n plaasvervanger vir die omstrede voormalige studentedekaan Rudi Buys gekry nie.

Dit is bevestig aan OFM-nuus deur die Universiteit se woordvoerder, Lacea Loader.
 
In ‘n e-pos reaksie op ‘n navraag het Loader bevestig dat ‘n besluit nog nie geneem is nie, en bygevoeg dat Cornelia Faasen instaan as die waarnemende dekaan tot tyd en wyl ‘n nuwe studentedekaan aangewys word.
 
Buys, ‘n verloopte Afrikaner, het onder skoot gekom het verlede jaar oor sy naakte anti-Afrikaanse houding om die JBM Hertzog-koshuis te “transformeer”.

Voormalige inwoners van die manskoshuis het hul misnoeë met ‘n voorgestelde naamsverandering van die koshuis uitgespreek, asook die eensydige verwydering van koshuis-memorabilia op Buys se aandrang.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.