Kriekethoof ontken ras-besluit

Deel op

Die uitvoerende hoof van KrieketSA, Haroon Lorgat het berigte ontken dat hy ‘n sms aan die Proteas-afrigter gestuur het om ‘n speler van kleur in die halfeindstryd van die Wêreldbekerreeks in te sluit.

Volgens koerantberigte het Lorgat teen een-uur die oggend die sms aan Russel Domingo gestuur om na bewering tussen sekere spelers te kies.

Lorgat het aan die African News Agency gesê die bewerings is heeltemal vals en dat die span reeds teen sesuur die aand bevestig was.

Hy sê hy het geen onderhoude aan koerante toegestaan wat hom in die berigte aanhaal nie, het RSG berig.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.