Hamilton s? botsing was opsetlik

Deel op

Image

Lewis Hamilton

12:28:35 Lewis Hamilton het sy formule-eenteenstaander, Felipe Massa, daarvan beskuldig dat hy opsetlik teen hom gebots het in die Japannese Grand Prix.

Deel op

Die twee het gedurende die tweede rondte van Sondag se wedren gebots nadat beide bestuurders gestraf is weens kuipe-oortredings.

Dit verminder Hamilton se voorsprong na 5 punte voor die Ferrari-bestuurder, met nog twee wedrenne oor vir die seisoen.

Hamilton, wat vir McLaren bestuur, het dié naweek alle diplomasie oorboord gegooi het voor die komende Sjinese Grand Prix en vir Massa beskuldig van vuilspel.

“Ek het die draai soos normaalweg geneem, en hy (Massa) het aggressief teruggekom en my getref,” het Hamilton gesê. Volgens hom was dit opsetlik.

Massa ontken die beskuldiging en sê hy kan nie glo dat Hamilton dit so sien nie.

Massa is agtste oor die wenstreep maar het opgeskuif na sewende plek ná ‘n besluit deur wedrenbeamptes om die sesde geplaasde Sebastien Bourdais met 25 sekondes te straf vir ‘n botsing in die 50ste rondte.    

slots online no deposit bonusФільчаков прокурор

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.