Buitelanders in rep en roer oor Zoeloekoning se aanmerking

Deel op

Meer as ‘n honderd buitelanders het by die polisiestasie op Isipingo in KwaZulu-Natal saamgedrom om aanklagte van aanranding en intimidasie in te dien, nadat tien van hulle winkels in die dorp, suid van Durban, geplunder is.

Hulle sê dit is veroorsaak deur Koning Goodwill Zwelithini se aanmerking dat hulle die land behoort te verlaat, het RSG berig.

Die plundery en aanvalle hou vermoedelik ook verband met vroeëre betogings by ‘n plaaslike pakhuis tussen Umlazi en Isipingo.

Buitelanders sê hulle leef in vrees, en het meer sigbare polisiëring in die omgewing gevra.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.