Suid-Afrikaanse motoriste gaan van môre af baie meer vir brandstof betaal.
Petrol in die binneland word om middernag met R1.62 duurder en diesel met R1.24. Parafien word met 36 sent per liter duurder en petroleumgas met 85 sent per kilogram.
Die redes vir die styging sluit in die gesamentlike heffing vir brandstof en ‘n reddingsboei vir die bankrot Padongelukkefonds, ‘n swakker rand en “hoër oliepryse”.
‘n Stanford-ekonoom Frank Wolack het egter Maandag gesê die daling in globale olie-pryse sal voortgaan vir die volgende paar dekades.
Terwyl geopolitieke en omgewingskwessies verander en moontlik enige oomblik oliepryse opwaarts kan druk, meen Wolack ons waarskynlik oliepryse tussen $50 tot $70 per vat sien oor die volgende 20 jaar vir verskeie redes.
Die drie hoofredes wat hy aanvoer is skalie-ontginning in Noord-Amerika, tegnologiese vooruitgang in ontginning asook die kwynende rol wat OPUL speel in die vasstelling van pryse.