Airbus-vlug loop van aanloopbaan

Deel op

‘n Vliegtuig van Air Canada het tydens landing in die oostelike stad, Halifax van die aanloopbaan afgeloop en meer as 20 mense is lig beseer.

Die meeste beseerdes is na behandeling ontslaan. Die Airbus A320 van Toronto het 133 passasiers en vyf bemanningslede aan boord gehad.

‘n Skielike kragonderbreking by die lughawe is opgemerk. Nova Scotia Power het later getwiet dat die krag herstel is, maar het nie aangedui wat die onderbreking veroorsaak het nie.

‘n Woordvoerder van die Royal Canadian Mounted Police het gesê ‘n kraglyn suid van die aanloopbaan is beskadig.

Passasiers het dadelik die vliegtuig ontruim maar vir meer as ‘n uur op die koue teer gestaan en wag in die snerpende wind en sneeu, baie sonder skoene of warm kleding.

Nooddienste was glo op die toneel binne 90 sekondes, maar hulle eerste prioriteit was glo om ‘n brandgevaar te beperk.

Die Kanadese lugvaartowerheid het die twee swart vlugopnemers reeds aan ‘n laboratorium in Ottowa oorhandig.

Swaar sneeu het tydens die voorval geval en die vliegtuig is beskadig, maar het nie aan die brand geslaan nie. Ondersoekers sê dit is ‘n wonderwerk.

Die landingsapparaat is nie ontplooi nie, en die vliegtuig het 300m ver op sy romp geskuur voordat dit tot stilstand gekom het.

Een van die passasiers, Mike Magnus, 60, het aan AP gesê dit behoort as ‘n “vliegongeluk” geklassifiseer te word en nie ‘n “harde landing” soos die owerhede verklaar het nie. Hy het gesê dit is weens politiekery.

Die jongste lugramp in die Alpe is ook ‘n Airbus A320.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.