Westinghouse woedend oor Franse kontrak

Deel op

Die wêreld se grootste vervaardiger van kernbrandstof, Westinghouse gaan appelleer teen ‘n hofbeslissing wat weier om die tenderproses ter waarde van meer as R4 miljard met Eskom, weer oop te stel.

Die Franse maatskappy, Areva het die kontrak gekry om stoomkragopwekkers te vervang.

Westinghouse, wat deel van Toshiba in Japan is, beweer die tenderproses om die Koeberg-kernkragsentrale in die Wes-Kaap van stoomkragopwekkers te voorsien, is onder verdenking.

Die Hooggeregshof in Johannesburg het sy aansoek verlede week van die hand gewys.

Die dringende aansoek in die Suid-Gautengse hooggeregshof in September verlede jaar wat Eskom se besluit om die kontrak aan Areva toe te ken vir die vervanging van ses stoomkragopwekkers by die Koeberg-kernkragsentrale, is die kern van die dispuut.

Westinghouse probeer die regering dwing om dokumentasie te oorhandig om sy beweringe te staaf.

Op 5 September het Eskom die kontrak met Areva vir die stoomkragopwekkers by Koeberg in 2018 aangegaan. Die 2018-installasie skedule val saam met die onderhoudsaktiwiteite wat beplan word vir die fasiliteit.

Eskom se waarnemende groepbestuurder vir tegnologie en kommersiële sake, Matshela Koko sê daar was geen hindernis met die ondertekening van die kontrak met Areva nie, aangesien Westinghouse nooit geïdentifiseer is as die voorkeurbieër in die tenderproses wat in 2011 begin het nie.

Suid-Afrika se Departement van Energie is midde in ‘n kernstorm danky ‘n ander ooreenkoms wat met die Russiese maatskappy Rosatom onderteken is vir nuwe kernkragsentrales wat Russiese VVER-reaktore behels.

Die regering sê egter kernsamewerking tussen Suid-Afrika en Rusland is maar een van die “meer as 60” samewerkingsooreenkomste wat onderteken is deur die Suid-Afrikaanse regering om “verskillende energiebronne” te ontgin.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.