Drie woonstelgeboue het in New York in die VSA ineengestort en ‘n vierde het aan die brand geslaan ná ‘n vermeende gasontploffing.
Brandweermanne het gesê 19 mense is beseer, waarvan vier in ‘n kritieke toestand verkeer, sommige met brandwonde aan hul lugweë.
Die burgemeester van New York, Bill de Blasio het gesê dat dit blyk dat niemand vermis word nie. ‘n Ondersoek na die voorval is aan die gang.
De Blasio het gesê niemand het ‘n gaslek aan die owerhede voor Donderdag se ontploffing aangemeld nie. Con Edison, die gasmaatskappy, het gesê hulle het die hele gebou Woensdag ondersoek en het geen lekkasies gevind nie.
Ooggetuies het vertel hoe bebloede inwoners uit die gebou gehardloop het en in die straat ineengesak het.
Agt mense is verlede jaar in ‘n soortgelyke voorval in die Harlem-buurt dood.