Duitse rampvlieënier het glo aan depressie gely

Deel op

Die Franse staatsaanklaer wat die ondersoek na die Alpe-vliegramp lei, het Donderdag in sy regstreekse perskonferensie verklaar dat die medevlieënier van ‘n Germanwings-vliegtuig glo doelbewus die vliegtuig laat daal het.

Intussen het die Duitse polisie die huis van die medevlieënier se ouers deursoek.

“Ons het iets wat nou vir toetse geneem word gevind,” het Markus Niesczery van die Düsseldorfse polisie aan die media gesê.

“Ons kan nie sê wat dit is op die oomblik nie, maar dit kan ‘n baie belangrike leidraad wees tot wat gebeur het.”

Al 150 mense aan boord van die vliegtuig wat van Barcelona in Spanje na Dusseldorf in Duitsland onderweg was, is in Dinsdag se ramp dood.

Volgens Brice Robin, staatsaanklaer van Marseille, was die medevlieënier, Andreas Lubitz (28), alleen in die kajuit van die Airbus A320 omdat die vlieënier ‘n draai gaan loop het.

Hy het verklaar dat die opnemer die asemhaling van die medevlieënier tot aan die einde opgeneem het.

Die ander swart vlugopnemer se inhoud is glo weg, het die Franse president Francois Hollande Woensdag gesê. Dit sou die staatsaanklaer in staat gestel het om meer te wete te kom.

Tydens die eerste 20 minute gesels die vlieënier en Lubitz vriendelik met mekaar waarna Lubitz die vliegtuig oorneem wanneer die vlieënier moet opstaan “omdat die natuur roep”.

Lubitz versnel dan die vliegtuig se daling deur middel van die moniteringstelsel. Robin het dit as ‘n “vrywillige aksie” beskryf.

Die Kanadese regering het intussen gelas dat daar te alle tye twee mense in ‘n vliegtuig se stuurkajuit moet wees op alle kommersiële vlugte.

Die stap is in reaksie op gister se aankondiging deur die Franse ondersoeker na Dinsdag se vliegramp dat die mede-vlieënier die vliegtuig doelbewus in die Alpe vasgevlieg het.

Die VSA het ná die aanvalle op 11 September 2001 die reël ingestel dat ‘n tweede persoon in die stuurkajuit moet wees indien die kaptein nie daar is nie.

Die Spaanse polisie ondersoek intussen beeldmateriaal van die passasiers wat aanboord kom.

Volgends die Duitse media het Lubitz aan depressie gely en psigiatriese behandeling ondergaan.

Lubitz was vir 18 maande in geheel onder psigiatriese behandeling, het Bild Vrydag berig, met verwysing na anonieme bronne binne Lufthansa, Germanwings se moedermaatskappy.

Die koerant haal interne dokumente aan wat toon dat die mede-vlieënier ‘n “ernstige depressiewe episode” gehad het.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.