VSA waarsku teen terreur in Oeganda

Deel op

RSG berig dat die Oegandese polisie veiligheidsmaatreëls in die hoofstad, Kampala verskerp het nadat die VSA sy burgers teen terreur gewaarsku het.

Die Amerikaanse ambassade het gister gesê terreurgroepe kan plekke in Kampala teiken waar Amerikaners en ander Westerlinge gewoonlik bymekaar kom.

Die polisie sê die bedreiging word verbind met die Islamitiese groep al-Sjabaab.

Oeganda speel ‘n sleutelrol in die Afrika-Unie se poging om die Somaliese regering teen al-Sjabaab te beskerm.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.