Repokoers onveranderd maar inflasie wink

Deel op

Alhoewel Lesetja Kganyago, president van die Reserwebank, gistermiddag in Pretoria aangekondig het dat die bank sy repokoers onveranderd laat op 5,75%, kan die daling in die waarde van die rand en `n waarskynlike opwaartse neiging in inflasie, die Reserwebank dwing om rentekoerse later vanjaar te verhoog.

Na verwagting sal finansiële druk op verbruikers in April toeneem.

Kganyago het gewaarsku dat Suid-Afrikaners as gevolg van die droogte, meer vir kos gaan betaal. Hy sê die afwaarste neiging van inflasiesyfers is nie volhoubaar nie.

Inflasieverwagtinge in Suid-Afrika het binne twee maande aansienlik gestyg en die Reserwebank voorspel nou 4,8% vir 2015, vergeleke met die voorspelling van 3,8% in Januarie.

Die onveranderde repokoers beteken die prima rentekoers van handelsbanke bly 9,25%.

Vooruitsigte van ‘n swakker rand, hoër mieliepryse, brandstofprysverhogings en lone sal die inflasiekoers beïnvloed en die sentrale bank buite die boonste teikenband van 6% dwing.

Mieliepryse het vanjaar al met 30% gestyg wat vleispryse ook sal laat toeneem.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.