Vlaamsbelang besoek Siriese president

Deel op

Die leier van die Vlaamsbelang (VB) in Antwerpen, Filip Dewinter, is gisteroggend gul ontvang in Damaskus deur die Siriese president Basjar al-Assad.

Dewinter het die Siriese president ‘n “bondgenoot teen Salafism en ekstremisme” genoem.

“Stadig maar seker begin algar sien dat ons hom as ‘n bondgenoot (in die stryd) teen Salafism en ekstremisme moet beskou,” sê hy gesê per telefoononderhoud met Belga.

Dewinter het gesê sy ontmoeting met Assad het “meer as ‘n uur” geduur waartydens die Siriese president die boikot wat deur die Weste teen sy regime ingestel is, asook die gevolge daarvan, veroordeel het.

Die president gaan reeds vir vier jaar onder ‘n opstand gebuk wat op ‘n burgeroorlog uitgeloop het, met meer as 215 000 sterftes. Hy het ook gewaarsku teen die “chaos” waarin sy land sal verval sonder hom.

Hy het ook sy kommer uitgespreek, oor die opmars van die terroriste-groep die Islamitiese staat (ISIS) in lande soos Libanon, Libië en “elders op die grense van Europa.”

“Ek kan hom absoluut nie verkeerd bewys nie,” sê Dewinter. Dit was nie die ondervoorsitter van die VB se eerste besoek aan Sirië nie, maar wel die eerste keer dat hy Assad ontmoet het.

Hy het gesê die Siriese president verdien ondersteuning.

“Hulle (die Siriese leiers) het my verseker dat alle chemiese wapens sedertdien vernietig is. Verder, is dit onwaarskynlik dat die regime hierdie wapens gebruik het in die distrikte in die hoofstad. Ek sluit nie uit dat dit elders gebeur het nie, maar ek voel dat ‘n propaganda-oorlog gevoer word,” het Dewinter afgesluit.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.