‘n Hart van goud kos hom sy lewe

Deel op

Hennie de Vries is verlede Woensdag op pad huis toe op die N1 in Maraisburg, Roodepoort, doodgeskiet toe hy ‘n passasier uit ‘n brandende motor wou red.

Al was dit laat in die nag, het hy stilgehou. Voordat hy uit sy motor kon klim, het iemand vier koeëls deur die voorruit gepomp.

Sterwend, vooroorgesak in sy sitplek, het hy probeer om sy aan vrou ‘n SMS-boodskap te stuur, maar kon net daarin slaag om “IL” te stuur voordat hy gesterf het. Hy is vier keer geskiet.

‘n Gebroke Cindy de Vries het Woensdag gesê: “Ek dink hy het probeer om te skryf: ‘Ek is lief vir jou’.”

Cindy het angstig probeer om haar man te bel toe hy nie opdaag nie. Sy het sy selfoon 28 keer geskakel.

Toe sy uiteindelik daarin slaag, was dit ‘n polisiebeampte wat geantwoord het en haar aangesê het om by die Langlaagte-polisiekantoor aan te meld.

Daar het sy ontdek dat haar man doodgeskiet is.

Die man wat De Vries wou help was Sam Moloto, ‘n voormalige polisie-offisier in die eenheid teen georganiseerde misdaad. Moloto was glo skatryk en in besit van talle luukse motors.

Moloto is doodgeskiet terwyl hy in sy motor gesit het. Die motor is aan die brand gesteek.

De Vries was nie die enigste persoon wat aangeval is terwyl hy probeer het om Moloto te help nie.

‘n Polisiewoordvoerder luitenant Kay Makhubela het gesê daar is ook op ‘n ander motoris geskiet wat stilgehou het om te help, maar het daarna weggejaag.

Die gewapende mans het glo in die gebied gebly om te verseker dat Moloto nie hulp kry nie.

“Dit was Hennie. Hy het ‘n hart van goud gehad,” het Cindy gesê.

Niemand is nog in hegtenis geneem nie.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.