Beurtkrag tap miljarde van ekonomie

Deel op

Eskom se beurtkrag kos die SA ekonomie tussen twintig en tagtig miljard rand per maand.

Dit is volgens ‘n voorlegging wat die Departement van Openbare Ondernemings vandag aan die Parlement maak.

Eskom se raad gaan na verwagting ook vandag op ‘n spesiale vergadering oor die toekoms van sy voorsitter, Zola Tsotsi besluit.

Die vergadering by Megawatt Park kom te midde van berigte dat Eskom se voormalige uitvoerende hoof, Tshediso Matona sy skorsing ook vandag in die Arbeidshof gaan betwis. Tsotsi het vroeër aangekondig dat Matona en drie ander senior bestuurders gevra is om hul poste te ontruim.

Intussen word berig dat werkers by die Medupi-kragaanleg met ‘n een dag lange staking besig is. Die staking gaan na bewering oor swak lewenstoestande en hoër lone.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.