Alonso doen dit weer in Japan

Deel op

Image

Fernando Alonso

17:27:14 Die arme Lewis Hamilton loop al weer deur. Nadat hy eerste op die wegspringstreep weggespring het en 'n aggressiewe eerste draai oorleef het, is hy juis oor dié voorval met 'n deurry gestraf.

Deel op

Hamilton moes uiteindelik met die twaalfde plek tevrede wees. Massa, sy naaste teenstander, het met sy sewende plek nou binne trefafstand van Hamilton kom nes skop. Massa is nou net 5 punte agter Hamilton op die bestuurderspunteleer.

Massa het hoeka vir Hamilton in die tweede rondte gestamp en hom sodoende laat afgly. Hamilton moes toe vanaf die agtiende plek probeer terugveg.  Ferrari is nou by Mclaren verby op die vervaardigersleer, maar daar is nog twee wedrenne oor en die punteverskil is slegs 6 punte met Ferrari op 141 en Mclaren op 135.

Kan Lewis sy voorsprong as bestuurder behou en ook die agterstand op die vervaardigerspunteleer uitwis? Die tyd sal leer. Fernando Alonso in sy Renault het sy tweede oorwinning vir die seisoen gehad.

free games onlineданильченко юрій броніславович

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.