Ladybrand gespanne na onwettige grondbesetting

Deel op

‘n Donker rookwolk het Woensdag oor die Manyatseng-lokasie by Ladybrand gehang.

Volgens Biki Mohono, ‘n plaaslike inwoner wat nou in die lokasie is, is die situasie is buite beheer en inwoners is woedend.

Hy het aan OFM gesê is daar verskillende oproeriges wat geboue brand en buitelanders se winkels plunder. Onder die plunderaars is skoolkinders en hul ouers.

Mohono sê groot skade is aan die plaaslike gemeenskapsaal aangerig. Dié groep oproeriges wou vroeër die biblioteek afbrand maar het aanbeweeg na die Platberg-uitbreiding.

Volgens Mohono het ANC-kantore ook in die slag gebly en is daar glo ook inwoners wat die munisipale pakhuis teiken. Hy sê ‘n munisipale trekker is reeds aan die brand gesteek.

Volgens Mohono sê betogers hulle gaan nie ophou voordat die Mantsopa-munisipaliteit se burgemeester, Sello Ntsepe, bedank nie.

Vroeër is vyf oproeriges in hegtenis geneem vir openbare geweld.

Vrystaatse polisiewoordvoerder Martin Xuma sê daar is nog geen beserings aangemeld nie. Dit volg na die gepeupel die strate ingevaar en die R26 met boomtakke en brandende motorbande afgesper het.

Inwoners van die Manyatseng-lokasie is ongelukkig dat die munisipaliteit inwoners wat onwettig grond beset, uit hulle huise gesit het.

Xuma het ook bevestig dat sowat 300 oproeriges, wat buite burgemeester Sello Ntsepe se huis vergader het, intussen deur die polisie verwilder is.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.