Aankondigings oor repokoers, PPI en brandstofprys verwag

Deel op

Die Reserwebank se Monetêre Beleidskomitee sal vanmiddag sy besluit oor die repokoers bekend maak. Dit is die koers waarteen die Reserwebank geld aan handelsbanke uitleen. Die koers is tans op 5,75 persent.

Die meerderheid ekonome verwag dat die repokoers onveranderd gelaat sal word.

Nog ‘n hoofaanduider sal wees wanneer Statistiek Suid-Afrika die Produksieprysindeks vir Februarie bekend maak.

Motoriste wag intussen angstig op die aankondiging van die jongste brandstofpryse môre.

Aanduidings is dat die brandstofprys aansienlik sal styg. Die styging sal aanstaande Woensdag in werking tree, kort voor die Paasnaweek, het RSG berig.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.