Twintigduisend, ook laerskoolkinders swanger in 2014

Deel op

Die ANC se kindertoelaes vernietig onderwys, sê kenners, omdat skoolkinders deur die maandelikse uitkerings gelok word om kinders te baar.

Meer as 20 000 leerlinge het verlede jaar swanger geraak. Dit is nie bekend hoeveel wit kinders swanger geraak het nie.

Volgens die departement van basiese onderwys was 223 van dié leerlinge nog in laerskole.

Die hoogste aantal swangerskappe was in Gauteng waar 5000 leerders swanger geraak het, gevolg deur die Oos-Kaap met 3000.

Die Seme hoërskool in Mpumalanga het die meeste swangerskappe gehad met 77 leerlinge wat swanger geraak het.

Die KT Twala-laerskool in Mpumalanga het 13 swangerskappe gehad – die hoogste getal onder laerskole in die land.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.