Chabane-ongeluk was beplan sê FB-gebruiker

Deel op

Die familie van die ontslape minister van die Staatsdiens, Collins Chabane, het ‘n klagte teen ‘n Facebookgebruiker, Thembani Chabane, ingedien, het RSG berig.

Chabane beweer dat die ongeluk waarin die minister en sy twee lyfwagte dood is, beplan was.

Chabane en sy twee wagte is dood toe hulle voertuig in die vroeë oggendure naby Polokwane op die N1 teen ‘n vragmotor gebots het.

Chabane wat aanvoer dat hy familie van die voomalige minister is, voer op sy Facebookbladsy aan dat ‘n lid van die ANC se Uitvoerende Komitee in Limpopo die vragmotorbestuurder omgekoop het om die ongeluk te veroorsaak.

‘n Familiewoordvoerder, Percy Chabane, sê hulle het verklarings by die polisie afgelê.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.