Merkel ontmoet Griekse premier

Deel op

Die Duitse kanselier, Angela Merkel en die Griekse eerste minister, Alexis Tsipras het met hul ontmoeting in Berlyn glo gesels oor Griekeland se eis dat Duitsland die Grieke vergoeding skuld vir die Tweede Wêreldoorlog.

Albei was vaag oor hoe om te verhoed dat Athene se geld opraak. Merkel het gesê sy wil sien dat die Griekse ekonomie groei en Tsipras het gesê dit is beter om mét mekaar as óór mekaar te praat.

Die twee lande verskil oor Griekeland se pogings om die terme van sy internasionale skuldkrisis te onderhandel.

Die leiers het Maandag vir ’n uur vergader voordat hulle ’n gesamentlike mediakonferensie toegespreek het. Hierna het hulle ’n verdere vyf ure agter geslote deure byeengekom en eers ná middernag verdaag.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.