Swart aanvallers sak op ‘n groep wit tieners toe

Deel op

‘n Video van ‘n groot groep swartes wat ‘n paar wit tieners, vermoedelik van Vryheid, buite ‘n vulstasie in Pongola aanval maak opslae.

Die voorval het omstreeks 03:30 verlede Sondag plaasgevind en is verfilm deur ‘n getuie wat gevra het om anoniem te bly vir veiligheidsredes.

Die rede vir die aanval is onbekend.

Die swart aanvallers kan gesien word waar hulle herhaaldelik die jongmense met stokke slaan, en volgens die getuienis, na suikerrietkapmesse soek waarmee die aanval bloedig kon raak.

Die getuie het gesê Pongola se polisiebeamptes is onmiddellik in kennis gestel en het na die toneel gehaas, maar het nie ingegryp nie.

“Hulle het net gestaan en gekyk met hul hande in hul sakke,” sê die getuie. Die veiligheidswagte het die getuie gedreig om nie die voorval te verfilm nie.

Pongola se SAPD stasiebevelvoerder het die video gesien en gaan glo ‘n dissiplinêre ondersoek van stapel stuur.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.