PUK-rektor se ampstermyn nie verleng

Deel op

Die Noordwes-Universiteit (NWU) se bestuur en raad se werksessie oor die instelling se strategiehersieningsproses het die afgelope naweek geduur.

Die hoop bestaan dat die proses teen Junie afgehandel kan wees.

Voorsitter van die raad, Johan Kruger, sê die bestuur, onder leiding van die NWU se visekanselier, Dan Kgwadi, se voorlegging op die werksessie wsê alle belanghebbendes soos die senaat en die institusionele forum is betrek.

Kruger sê ‘n lang voorgestelde proses moet gevolg word voordat die raad kan besluit wie die Potchefstroom-kampus se nuwe rektor sal wees.

Dit kom nadat Herman van Schalkwyk se ampstermyn as rektor volgende jaar op 31 Januarie sal verstryk en dat ‘n regsmening van buite verklaar het dat sy ampstermyn nie verleng mag word nie.

Kruger het vroeër aan OFM-nuus gesê die raad het die naweek, nadat ‘n derde regsmening ingewin is, besluit die raad is nie by magte om Van Schalkwyk se termyn te verleng nie.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.