Grafte ontdek toe landboubedrog op die lappe kom

Deel op

Die KwaZulu-Natalse premier, Senzo Mchunu gaan president Jacob Zuma vra om ‘n omvattende ondersoek van stapel te stuur na die grafte wat aan die Suidkus in suikerrietlande ontdek is.

Mchunu het die bykans honderd grafte by die Glenroy-plaas in Dududu besoek.

Hy sê die owerhede wil in dié stadium geen moontlikhede uitsluit oor wat kon gebeur het nie. Aanduidings is egter dat gevangenes wat as arbeiders ingespan is, op die grond begrawe is.

Daar is ook bewerings dat dit mense is wat deur die destydse Veiligheidspolisie vermoor is, het RSG berig.

Intussen is grootskaalse bedrog in die KwaZulu-Natalse departement van landbou ontbloot. ‘n Opposisielid sê sowat 175 miljoen rand het weens onreëlmatighede en wanadministrasie verdwyn.

‘n Forensiese verslag wat verlede maand afgesluit is, is nog steeds nie vrygestel nie.

Die forensiese ondersoek is glo net halfpad afgehandel wat beteken dat die bedrag dalk meer as 300 miljoen rand kan beloop.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.