Franse Nasionale Front lewer sterk vertoning

Deel op

Frankryk se Nasionale Front, een van die magtigste regse politieke partye in Europa, het ‘n sterk vertoning teen pres. Francois Hollande se regerende sosialiste in die naweek se streeksverkiesings gelewer.

Die verkiesings word in 101 “departemente” gehou, wat portefeuljes soos skole en welsynsbegrotings beheer.

Sondag se verkiesings het ‘n geleentheid gebied vir die Nasionale Front om stoom op te bou in die aanloop tot die presidentsverkiesings wat in 2017 gehou word.

Sommige ontleders meen die party se leier, me. Marine Le Pen, staan ‘n goeie kans om die ongewilde Hollande uit die kussings te lig.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.