ISIS-kuberkrakers teiken Amerikaanse soldate

Deel op

Die groep wat hulself die Islamitiese Staat (ISIS) se kuberkrakerafdeling noem, het gister die name van 100 Amerikaanse militêre personeellede gepubliseer en ISIS-ondersteuners aangemoedig om hulle dood te maak.

ISIS se kuberkrakers sê die 100 personeellede van die Amerikaanse weermag, vloot en lugmag het ISIS in Irak, Sirië en Jemen geteiken.

Die situasie in Jemen het so agteruitgegaan dat Jemen se pro-Amerikaanse president, Abd Rabbuh Mansur Hadi, op een punt saam met Amerikaanse troepe sou ontruim, het amptenare aan NBC News gesê.

Terwyl Amerikaanse amptenare die onttrekking as ‘n sukses beskou, beteken dit dat die VSA se militêre magte nie meer oë en ore op die grond in Jemen het nie.

Die Amerikaanse departement van verdediging en FBI-woordvoerders het aan The New York Times gesê hulle is bewus van die dreigemente en ondersoek die webtuiste waar dit gepubliseer is.

Amerika lei ‘n internasionale koalisie wat ISIS in Irak en Sirië teiken, waar militante groot dele grondgebied beset.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.