Opvolg vir Madiba-nonsens beplan

Deel op

Die uitgewer, Pan McMillan, sal glo die opvolg van oudpresident Nelson Mandela se boek, Long Walk to Freedom publiseer. Die sal aanstaande jaar die lig sien.

Mandela, wat voorgehou is as die skrywer van Long Walk to Freedom, se spookskrywer is die voormalige Time-redakteur, Richard Stengel.

Vir byna drie jaar het Stengel saam met Mandela geëet, gereis en geleef om op sy outobiografie te skryf.

Stengel sê hy het neergepen wat Mandela “hardop gedink het”, maar kennelik was die doel van die boek om ‘n bepaalde Amerikaanse agenda in Mandela se “eie woorde” te klee.

Die uitgewer beweer nou dit was altyd die oud-terroris se bedoeling om ‘n volledige weergawe van sy tyd as President te publiseer. Die argiewe van die Nelson Mandelastigting bevat glo ‘n persoonlik geskrewe weergawe van die boek.

Pan McMillan sê Mandela se weduwee, Graca Machel, wou sy wense vervul om die opvolg te voltooi.

Die boek gee glo die swart tronkvoël se perspektief op die eerste demokraties verkose regering.

Dit is nie bekend wie die redigering van die geskrewe manuskrip sal behartig nie, nog ‘n aanduiding dat lesers weer die produk van ‘n skaduagtige manipulasie kan verwag.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.