Eskom gerook deur swart bemagtigingsmaatskappye

Deel op

RSG berig dat kragtariefverhogings nie die astronomiese stygende kostes by Eskom sal dek nie.

Die Kaapse Kamer van Handel en Nywerheid sê dit is onwaarskynlik dat tariefverhogings Eskom sal kan red indien daar nie aandag gegee word aan kostes wat oënskynlik handuitgeruk het nie.

Die president van die Kamer, Janine Myburgh, sê ‘n kwart van Eskom se opwekkingsvermoë is van lyn af vir instandhouding of herstelwerk, maar die koste styg nog steeds.

Myburgh sê primêre energiekoste, hoofsaaklik steenkool, het in die laaste ses jaar van 19 miljard rand tot 70 miljard rand opgeskiet.

Sy sê Eskom betaal na bewering tot vier keer meer as die standaardtarief vir steenkool van sekere swart bemagtigingsmaatskappye.

‘n Energie-ontleder, Ted Blom, sê Eskom se koste skiet die hoogte in omdat hy van sy grondstowwe van maatskappye in swart beheer moet aankoop.

Die opposisie het die Nasionale Energiereguleerder intussen gevra om enige verdere tariefverhogings vir Eskom vir die jaar af te keur.

NERSA het bevestig dat Eskom besig is om ‘n aansoek voor te berei om prysvasstellings te heropen wat die weg sal baan vir nog verhogings in kragtariewe.

Die opposisie sê hulle sal die Minister van Finansies skriftelik nader om hom te vra dat hy die aansoek van die hand wys.

Indien die aansoek goedgekeur word, sal die tariewe op 1 April met tot 23 persent styg.

Eskom spook die afgelope tyd om die ligte aan te hou en sy kredietgradering is tot rommelstatus verlaag na die skorsing van vier van sy uitvoerende hoofde.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.