Die voormalige tenniskampioen, Bob Hewitt is in die hof in Palm Ridge aan die Oos-Rand skuldig bevind op twee aanklagte van verkragting en een van onsedelike aanranding.
RSG het berig dat die 75-jarige Hewitt aangekla is van die verkragting van twee van sy voormalige studente, Theresa “Twiggy” Tolken en Suellen Sheehan in die 1980’s, en die onsedelike aanranding van ‘n derde vrou, wie se naam nie bekendgemaak mag word nie.
Regter Bert Bam het beslis dat die staat sy saak bo alle redelike twyfel bewys het.
Bam het gesê die drie klaers het basiese regte, en tyd het nie die misdade uitgevee nie.
Volgens Ban moet ‘n skuldige persoon nie ongestraf bly nie.