Duitse kenner onthul ‘terreurbestuur’

Deel op

Die Duitse joernalis en regeringskonsultant Christoph Hoerstel, was 2006/7 spreker oor die onderwerp van Afghanistan by die leierskapsentrum (ZInFü) van die Bundeswehr.

In hierdie verband het hy het die term “terreurbestuur” gedefinieer en in die klaskamer ontleed, om soldate in dié land in staat te stel om die bisarre gebeure waarmee hulle te kampe gehad het, te verklaar.

Alle lesinginhoud is persoonlik hersien en deur die Duitse owerhede goedgekeur.

Op grond van hierdie ervaring, sê hy, is die vrees vir terrorisme nie toevallig nie. Dit word, volgens Hoerstel, aangewend deur regerings met ‘n sekere doelwit.

In tye van krisis en politieke onsekerheid, bestuur intelligensie-agentskappe, tesame met alle NAVO-regerings, die voorbereiding en uitvoering van aanvalle.

Hoerstel sê hy het in Afghanistan ontdek dat alle NAVO-lande daaroor lieg dat daar ‘n stryd teen terreur woed.

Daar is geen “oorlog teen terreur” nie, maar eerder “bestuurde vrees” of dan “terreurbestuur” wat gebruik word om sekere beleidsrigtings en besluite af te dwing, sê hy, omdat die akteurs reeds aan die veiligheidsmagte in 95% van alle gevalle bekend is.

Hy onthul ook dat ISIS in Jordanië deur die CIA opgelei is om terreur te pleeg.

Dat terreur na Europa uitgevoer word, is ‘n manier om politieke probleme aan te spreek wat oplaai weens die finansiële krisis wat lidlande in die gesig staar.

Hoerstel sê dit is ‘n harde, “bloedige bedryf” waar geld, inligting en menslike hulpbronne bewillig word en waar onskuldige mense opgeoffer word.

Hy meen ook dat Charlie Hebdo só ‘n geval is waar die mees ongewilde Franse president wat slegs 13% steun geniet het vóór die skietery, se gewildheid skielik na 29% opgeskiet het.

Marine Le Pen het onlangs in ‘n onderhoud met Sophie Desjardin van Euronews gesê Francois Hollande lyk op die oppervlak onskadelik maar is tot wrede koelbloedigheid in staat. Sy het nie uitgebrei oor haar opmerking nie.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.