Die Minister van Justisie, Mike Masutha het bevestig dat die voormalige Vlakplaas-bevelvoerder, Eugene de Kock uit die gevangenis vrygelaat en onder toesig van korrektiewe dienste is, het RSG berig.
Die minister wou glo op versoek van De Kock geen verdere inligting verstrek nie. De Kock het in Januarie parool ontvang, maar dit het verlede week aan die lig gekom dat hy moontlik teen sy sin aangehou word.
De Kock se prokureur, Julian Knight sê hy is deur ‘n tussenganger in kennis gestel dat sy kliënt ontevrede is met die huidige situasie en dat hy met sy lewe wil aangaan.
Volgens berigte word De Kock vir sy eie veiligheid op ‘n geheime plek aangehou.