Malema kom tot wit ikonoklaste se redding

Deel op

Amerikaners breek Saddam se standbeeld af
Amerikaners breek Saddam se standbeeld af
Die EFF-leier Julius Malema het tot wit ikonoklaste se redding gekom en ‘n beroep op Suid-Afrikaners gedoen om die wet te verontagsaam en alle “apartheid-era simbole”, soos die standbeeld van die voormalige Eerste Minister Louis Botha buite die Parlement, af te breek.

Volgens die Sunday Independent, het Malema ook mense aangemoedig om Cecil John Rhodes se standbeeld by die Universiteit van Kaapstad te vernietig, alhoewel daar reeds konsensus bestaan dat die standbeeld verwyder moet word.

Dit lyk na die jongste poging om Rhodes se standbeeld te red, aangesien enige onwettige optrede sal verhoed dat die standbeeld uiteindelik geskuif word.

Dit is nie seker of Malema bedoel het Rhodes en Botha se standbeelde soos Saddam Hoessein s’n in Irak neergevel behoort te word nie. Die VSA was besonder trots dat hulle Hoessein se standbeeld uit sy voetstuk gebreek het met hulle inval in die land.

Amerika het leuens versprei oor Irak se wapens van massavernietiging wat nooit gevind is nie, om ‘n inval in Irak te regverdig en honderdeduisende burgerlikes en kinders te vermoor.

Malema het intussen gesê hy is nie bekommerd oor die feit dat hy in hegtenis geneem kan word vir die aanhitsing van openbare geweld nie, omdat hy nie ‘n “vrot regering” respekteer nie.

Die jong swart leier, wat toenemend soos nog ‘n buikspreker – ‘n lewendige een – optree, het mense aangemoedig om wit simbole te vernietig, voor ‘n juigende gepeupel in Langa in Kaapstad Saterdag om “menseregte” te vier.

“Ek daag jou uit. Ek daag jou uit. Revolusie is nie ‘n wettige aktiwiteit nie. Jy moet ophou luister na hierdie dinge soos ‘dit is onwettig’. Daar is niks soos dit nie,” het hy gesê.

“Ek daag jou uit, die vegters van die Wes-Kaap, die standbeeld van Louis Botha by die Parlement, dit moet weg…… hoe dit gebeur, ek is nie geïnteresseerd nie… maak ‘n plan met daardie standbeeld.”

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.