Landbouminister prys Afriforum oor plaasmoordinisiatief

Deel op

AfriForum se vergadering Vrydag, met die ANC se minister van landbou, Senzeni Zokwana, was glo “opbouend” sê dié organisasie.

Die vakbondsambreelorganisasie sê moontlike stappe wat gedoen kan word om die veiligheid van boere en ander Suid-Afrikaners in landelike gebiede, te verbeter, is bespreek.

Volgens die sambreelorganisasie was die minister beïndruk met die stappe wat reeds in plek gestel is om plaaslike gemeenskappe te betrek by veiligheidsinisiatiewe, én met die afname wat misdaad getoon het as gevolg van hierdie inisiatiewe.

AfriForum het onder meer ingestem om die departement volle toegang tot hul navorsing oor plaasmoorde te gee.

Die organisasie is besig met ’n omvattende studie waarvan die verslag voor die einde van die jaar aan die minister oorhandig sal word.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.