Bakkie met lyk in Randburg vasgetrek

Deel op

Man is gistermiddag in Randburg, Johannesburg in hegtenis geneem nadat sekuriteitswagte die liggaam van ‘n dooie vrou agter op sy bakkie ontdek het, het die Gautengse polisie gesê.

Die ras van die bestuurder, sy handlanger en die gruvonds is nie bekend nie, maar hulle is vermoedelik swart.

Veiligheidswagte aan diens in Randburg het twee mans in ‘n oop ruimte langs ‘n Nissan-bakkie sien staan, het luitenant Kay Makhubela gesê.

Een van die mans het ‘n graaf in sy hand gehad. Toe die wagte nader kom om die mans te ondervra, het een van hulle in die bakkie gespring en weggery, terwyl die ander een met die graaf te voet gevlug het.

“Die sekuriteit het [die bakkie] agternagesit… en hulle het hom vasgekeer in een van die strate,” het Makhubela gesê.

“Hulle het ontdek dat daar ‘n liggaam van ‘n vrou agterop die bakkie was.”

Die bestuurder van die bakkie is in hegtenis geneem. Die polisie is steeds op soek na die tweede man. Makhubela het gesê die vrou het kneusplekke aan haar regterhand en voorkop, maar dit is nog nie duidelik hoe sy vermoor is nie.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.