Seks, drank en rook onder minderjariges buite beheer

Deel op

‘n Winkelsentrum in Krugersdorp, Gauteng het ‘n partytjiebestemming vir wit minderjariges geword wat drink en rook.

In baie gevalle laai die ouers hul tieners by die winkelsentrum af denkende dat hul telge gaan fliek, sonder enige idee van die oortredings wat sommiges in die donker hoeke van die sentrum begaan.

Die Krugersdorpnuus het klagtes ontvang oor minderjarige kinders wat in die openbaar by die winkelsentrum drink en rook. Oortreders word ook by die dam op sekere dae van die week en oor naweke gewaar.

Na bewering is seksuele aktiwiteite reeds op afgeleë plekke in die sentrum opgemerk, met tieners wat gevang is in bedenklike posisies.

Daar is reeds berig oor dwelmmisbruik deur die jongmense, en na bewering rook ‘n paar tieners dagga openlik by die skaatsplankpark.

Die Krugersdorpnuus het onlangs die Key West-winkelsentrum besoek om verslag te doen oor die Jack Parow-verskyning.

Minderjarige kinders is opgemerk waar hulle rook en drink binne en net buite die sentrum, by die skaatsplankpark en die dam.

Die Krugersdorpnuus het selfs ‘n foto van ‘n minderjarige meisie met ‘n alkoholiese drankie geneem terwyl sy kennelik onder die invloed luidrugtig oor die aankoop van ‘n ses-pak biere redekawel, heeltemal onbewus van die nuusspan se teenwoordigheid.

Een van haar vriende nie te ver weg weg nie, het die flits van die kamera gesien en het ‘n opmerking gemaak oor ‘n foto wat geneem word.

Die jong seun, skaars 13 jaar oud, het die nuusspan uitgetart: “Kyk antie”, en geposeer vir ‘n foto met ‘n sigaret in sy mond.

Esther Sequeira van Hoërskool Roodepoort het gesê sy het dié verskynsel al dikwels gesien: “Al baie kere gesien hoe jong meisies … miskien 14 uithang saam groot volwasse anderkleurige mans, beslis onder die invloed van drank of dwelms. Ouers word moet wakker word. Kinders is kosbaar.”

keywest

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.